InVia | THEO-logy » Blogging

Theo-logie 3
In die angs van my reg wees en eg wees, wil ek oor God praat. Dis my passie. Hoe ouer ek word hoe meer begeer ek om God beter te leer ken. Teologie (Theos – God en logos – woord) beteken om oor God te praat. Teologie is woorde wat na God soek, die woorde is nie God nie. Teologie is om die minste verkeerd oor God te praat. Dit bevry my van ‘n verkeerde vertrekpunt waar ek namens God praat of praat vanuit die ware waarheid. God praat namens my – en dit is deur gebrokenheid. Dit bly God se woord, maar in mensetaal. Ek weet ek kan God nie altyd verstaan nie – maar ek kan Hom beleef, ek weet ook ek kan God nie altyd beleef nie, maar soms verstaan.

Ek sukkel met hermeneutiek – ek weet nie hoe lyk dit in ‘n nuwe wêreld nie. Ek hoor cutting edge teoloë praat van Semiotiek as die beste manier om die Bybel te verklaar. Die reëls wat ek wel in teologie geleer is, is om die Bybel as wetenskaplike handboek te gebruik waar dogma klinies gedissekteer word tot absolutes. Die werk nie meer vir my nie. Ek wil nie meer net met die Bybel werk nie – maar wil hê dat die  Bybel met my moet werk. Ek wil nie net Bybel lees nie maar wil hê dat die Bybel my moet lees. Die teks van my lewe is ook die plek waar ek moet hoor. Die konteks waarbinne ek lewe is ook die plek waar ek moet hoor.

Waar my-teks met God-se-teks binne kon-teks ontmoet, glo ek dat ons nadenke oor God kan doen. So wil ek die Here probeer hoor: Sy skryf met woorde, my lewe wat die ink kan voel, in die hier en nou waar ek lewe. Ek begeer so teologie. Dis die goed waaroor ek wil skryf en preek.

Kerk. Mense. Kinders. Familie. Politiek. Haat. Sukkel. Humor. Twyfel. Wellus. Geloof. Liefde. Vrees. Skynheiligheid. Seks. Flieks. Vriende. Reise. Nederlae. En nog meer…

Here vergewe my wanneer ek Theo-logie, teologie noem…

Die Weg van die Blog 2
Skryf kom maklik vir party mense – soos vir my vriend Koos – vir ander, soos ek, kom dit moeilik. Ek was goed in Grieks, Hebreeus en Arabies en kon die goed cum – maar Afrikaans en Engels kom droewig. Ek skryf artikels vir tydskrifte maar hulle is so gaaf om dit oor te skryf. Soms hou ek ook nie van die veranderinge nie – dit klink net te vroom. Vir my kom dit nie net moeilik nie – maar ook stadig. Dis hoekom ek nog nooit ‘n blog wou begin het nie.

My hoofouderling, professor Rufus Gouws, maak my ook senuweeagtig. Hy is redakteur van die HAT en ‘n wêreld gesogte leksikograaf. Hy het ‘n magtige CV. Hy boer oorsee en hulle praat glo oor woordeboek maak. Ek het sy professorale intrede bygewoon en het nie ‘n idee gehad waaroor dit gaan nie. Ek kon nie eers die titel van sy preek die aand uitspreek nie. Hy doen ook die afkondigings in die kerk. Na die oggenddiens wil mense die bandjies van die afkondigings koop en nie my preke nie. Ek sidder as hy my blog besoek. Ek wil nie hê dat my spelfoute en grammatika tussen Rufus en die hemel moet kom nie. Ek het nou nog ‘n  hoofouderling omdat ons tans besig is om ‘n gemeente in Kaapstad (InVia) te ontwikkel. Haar naam is Marike Groenewald – en skaars 25 jaar oud. Sy lei jong politici op om toesprake te maak en reg te kan skryf. Sy mix ook soms haar taal en kan kombuistaal met sjarme praat – ek voel minder senuweeagtig.

Soms kom woorde vinnig en soms kom dit stadig. Ek ken al te goed die stadige tye met preekmaak. Die spanning is verbysterend. Dan wil ek bedank en ‘n werk gaan soek (by die viswaters). Gelukkig is daar nie deadlines met blogging by Stellenbosch Gemeente en InVia nie. Dit sal my help. Ek hoop regtig dat die woorde sal kom binne die tyd wat ek moet skeduleer.  Ek hoop dit kan eerlik wees. Iemand het êrens gesê het: Die grootste sonde is om woorde te hê wat mooier is as jou lewe.

As dit die weg van die blog is sal dit nie maklik wees nie.

Die Weg van die Blog
Ek is gevra om te blog. Die toekoms is glo blogging. Ek hou van die idee, maar kan net dink wat se P.T. dit moet wees.

Ek het nog nooit ‘n baie groot behoefte gehad om te blog nie. Ek hoor dis eintlik iets vir ‘n jonger generasie. My spell checker herken nie eers die woord blog nie. My kinders noem my ancient. Ook tegnologies-gestremd. Ek hoor gereeld dat ek kan pa en ou-pa wees. Ek word bles en beweeg na herfs in my lewe. Die blare val. As ek moet gaan, bly my blogging. Ek is seker dat daar goed sal wees waaroor ek gaan spyt wees…

Ek weet nie regtig wat ek graag sal wil bereik met ‘n blog nie. Ek het nog nooit gedink ek wil die wêreld red met wat ek glo nie. Dis shaky. Ek verander te veel en ek dink nie die wêreld sal daarmee tred kan hou nie. Die meeste mense wat ek ken soek sekerheid. My sekerheid het ook misterie. Ek hou min van b(l)oggers wat alles weet — geelbladsychristene. Dit irriteer my grensloos. Ek hou ook nie van reaktiewe — soort van hippieblogs — nie. ‘n Spoegblog is net te nat. Ek hou ook nie baie van b(l)oggers wat net onseker is en niks sê nie. Om seker te wees oor jou onsekerheid is stupid. Ek staan en val tussen die twee. My blog sal dit ook seker, onseker wees.

Ek weet ook nie watter ego sal die blogwerk doen nie. Ds Theo. Pa Theo. Of die Theo wat Theo wil wees. Of die Theo wat dink hy is Theo. Of Theo — who knows? Ek sukkel om te weet wanneer ek, of die een wie ek dink ek is, die praatwerk doen — ek weet kloosters kan jou daarmee help. Kloosters sal my nie sien nie. Ek sukkel met stiltes. Ek het al moed opgegee — ek kies die SELF wat ek hoop waar is. Bob Dylan kies glo elke dag die persoon wie hy wil wees en glo nie in iets soos ‘n ware self nie. Hy is my hero — maar hier verloor hy my — so goed ken ek nie al die Theo’s in my nie.

Al wat ek wel weet is dat daar baie Theo’s in my is wat ek eerder sal wil wees as die een wat ek is — en tog weet ek dat die een wie ek werklik is, die een is wat my gelukkig maak en ook die een is wat seker die beste sal blog.

Theo-logie 2
Blogs is oor die algemeen selfgesentreerd. Hulle definieer hulself in terme van hulself. Praat namens hulself. Praat oor hulself, met hulself en tot hulself.

Dis ‘n mini–weergawe van TV. Hulle maak programme oor hoe programme gemaak word. TV–reekse word herhaal. Almal wil hulself op TV sien. TV–sterre is ook die hoogs–betaalde mense in die wêreld. Die beeldteks betower ons huidige samelewing. ‘n Grootheid in homself.

Die eerste versoeking? Jy sal soos God wees? Blogwaarheid is altyd reg. Blogvergifnis bestaan nie. Raad word gegee vir dié wat jy nie ken nie. Gesprekke is maklik — jy hoef dit nie te leef nie. Sorgvuldig word kommentaar en terugvoer gesensor vir ‘n ikoniese ego. Slim woorde maak buit op weerlose mense. Kuberkultusse word die trofees van brose ego’s.

Omdat ek iets oor God probeer sê maak nie my blog minder selfsugtig nie. Ek het geen twyfel dat ek ook die kuns bemeester het om nederig–, selfgesentreerd–godsdienstig te wees. Ek hou daarvan om die regte Bybel–interpretasies te hê. Ek word bedreig deur ander kerke wat ons lidmate vat. Gemeente–afrokkeling is ‘n ernstige oortreding — veral as dwaling die lokaas is. Daar lewe my ego met min genade.

Ek voel ook die angs om die rekeninge van die gemeente te betaal. Ons is nou 16 voltydse personeel. Hulle het families en glo hulle gee hulle lewe vir die regte saak. Ek weet ook nie altyd hoe hierdie druk op my inspeel om te glo en op wat ek glo nie. Ek weet ook nie altyd hoe my godsdienstigheid die challenges uitgooi wat die visies moet betaal nie. Jy kan alleen support kry as jy geloofwaardig is. Geloofwaardig is immers as jy reg is.

Wanneer is my reg wees, eg wees? Kan ek eg wees sonder om reg te wees? Ek ken van reg wees sonder om eg te wees…

Theo-logie
Ek het gedink om my blog Theologie te noem. Ek het gedink om by my eerste liefde te begin — myself. Ek is nie anders as enige ander mens nie. Ek is selfgesentreerd. Dis my stryd en my angs. Ek probeer myself soos my naaste verruil vir my naaste soos myself. Ek sukkel daarmee.

Ek onthou Milan was ongeveer drie jaar oud toe hy in die moederskamer by die kerk ander kinders se speelgoed gryp en op hulle skreeu: “Myne! Myne! Myne!” Ek het hom nog nooit geleer om selfsugtig te wees nie. Ek het nog nooit gesê: “Mielies kom hier, dat pappie jou kan leer hoe ‘n mens selfsugtig kan word nie.” Hy is ‘n natural, soos sy pa. Pa is net slimmer en doen dit subtiel. Jy leer nie die goed nie. Ons word gebore daarmee. Dit is waarom ons wedergebore moet word. Wedergeboorte is nie ‘n resep of kortpad hemel toe soos wat die meeste evangelicals glo nie. Dit is die lang (smal) en moeilike pad van onselfsugtigheid.

Tog is daar ‘n gedeelte in my wat ook vas glo dat ek nie selfgesentreerd is nie. Ek is immers ’n teoloog. Is teologie die skuilplek waarbinne ek die angs van selfsug probeer ontvlug? Ek weet nie. Soms dink ek daaraan. Ek breek nie my kop daaroor nie. Ek wil glo God is groter as verkeerde redes. Ek weet dat God reguit slaan met ‘n krom stok — en soos ‘n oom vir my gesê het: “Hy slaan net soveel beter met ‘n reguit stok.” Point taken.

‘n Honger maag — nie die regte teologie nie — het die verlore seun by sy pa uitgebring. Belydenis was nie die voorvereiste vir sy bekering nie, maar eerder die gevolg daarvan. Dis ook my hoop en redding.