Ek is gevra om te blog. Die toekoms is glo blogging. Ek hou van die idee, maar kan net dink wat se P.T. dit moet wees.
Ek het nog nooit ‘n baie groot behoefte gehad om te blog nie. Ek hoor dis eintlik iets vir ‘n jonger generasie. My spell checker herken nie eers die woord blog nie. My kinders noem my ancient. Ook tegnologies-gestremd. Ek hoor gereeld dat ek kan pa en ou-pa wees. Ek word bles en beweeg na herfs in my lewe. Die blare val. As ek moet gaan, bly my blogging. Ek is seker dat daar goed sal wees waaroor ek gaan spyt wees…
Ek weet nie regtig wat ek graag sal wil bereik met ‘n blog nie. Ek het nog nooit gedink ek wil die wêreld red met wat ek glo nie. Dis shaky. Ek verander te veel en ek dink nie die wêreld sal daarmee tred kan hou nie. Die meeste mense wat ek ken soek sekerheid. My sekerheid het ook misterie. Ek hou min van b(l)oggers wat alles weet — geelbladsychristene. Dit irriteer my grensloos. Ek hou ook nie van reaktiewe — soort van hippieblogs — nie. ‘n Spoegblog is net te nat. Ek hou ook nie baie van b(l)oggers wat net onseker is en niks sê nie. Om seker te wees oor jou onsekerheid is stupid. Ek staan en val tussen die twee. My blog sal dit ook seker, onseker wees.
Ek weet ook nie watter ego sal die blogwerk doen nie. Ds Theo. Pa Theo. Of die Theo wat Theo wil wees. Of die Theo wat dink hy is Theo. Of Theo — who knows? Ek sukkel om te weet wanneer ek, of die een wie ek dink ek is, die praatwerk doen — ek weet kloosters kan jou daarmee help. Kloosters sal my nie sien nie. Ek sukkel met stiltes. Ek het al moed opgegee — ek kies die SELF wat ek hoop waar is. Bob Dylan kies glo elke dag die persoon wie hy wil wees en glo nie in iets soos ‘n ware self nie. Hy is my hero — maar hier verloor hy my — so goed ken ek nie al die Theo’s in my nie.
Al wat ek wel weet is dat daar baie Theo’s in my is wat ek eerder sal wil wees as die een wat ek is — en tog weet ek dat die een wie ek werklik is, die een is wat my gelukkig maak en ook die een is wat seker die beste sal blog.

{ 2 comments… read them below or add one }
33 ‘ekke’, 10 ‘my’, en 7 ‘Theo’ = 50 van jou = 50/451 (totale woorde) = 12.0481% van Theo – ego.
Mag dat daar in my lewe ook so min van my lewe wees.
Maybe was Paulus cooler as wat ek dink: “…I have been crucified with Christ and I no longer live…”
Dankie vir jou en die ‘nie’-jou.
Antoon
soos ‘n goeie vriend van my sal se:
Ek ’schmaaak’ Theo-logie..dis great..awesome…love it!